Kruispad - AGS Tzaneen

View in English
Claude Wheatleystraat 2,
Tzaneen
0850
015 307 5112
Kry ons WhatsApp
Raak Betrokke

Om betrokke te raak by ‘n gemeente is meer as net om Sondag die diens by te woon.

In Die Aanbiddings Diens

Word 'n vrywilliger!

‘n Aanbiddingsdiens by AGS Tzaneen kan slegs gebeur met die hulp van vrywilligers. Die Kerk is die liggaam van Christus en het ook nodig om as 'n liggaan saam te werk om die evangelie te verkondig.  Elkeen van ons het unieke gawes van God ontvang en het nodig om dit te gebruik tot voordeel van ander.  Om deel te wees van Sy Kerk beteken om so betrokke te raak dat mense jou gaan mis wanneer jy nie daar is nie.

By ons dienste het die volgende in LIEFDE nodig om elke Sondag te gebeur:

  1. Koffie, tee, water, koeldrank en verversings bedien word voor en na die diens.
  2. Mense hartlik verwelkom word by die deure en gehelp word om 'n sitplek te kry.
  3. Klank, beligting en Multi-Media opgestel en ingestel word.
  4. Offerande opgeneem en getel word.
  5. Dekor en Props opgestel word.
  6. Musiek geoefen en ingestel word.Kontak gemaak word met alle nuwe besoekers en hulle laat tuis voel voor en na die diens.

By ons Kinder dienste het die volgende in LIEFDE nodig om elke Sondag te gebeur:

  1. Lokale voorbery word vir die Kinders.
  2. Vir oulaas deur die Kinderkerk les gaan om seker te maak alles is in orde.
  3. Alle kinders ontvang word met 'n drukkie, 'n glimlag en 'n "hoe gaan dit met jou?"
  4. Kinderkerk liedjies en lesse op 'n energieke en kreatiewe manier aangebied word.
  5. Opgeruim word na die tyd.

Indien jy sou belangstel om deel te raak van ons taakspan op 'n Sondag oggend is jy welkom om vanaf 08:00vm elke Sondag eers te kom kyk hoe alles gebeur en dan te besluit waar jy graag sou wou inskakel.

Claude Wheatleystraat 2,
Tzaneen
0850
015 307 5112
Kry ons WhatsApp