Kruispad - AGS Tzaneen

View in English
Claude Wheatleystraat 2,
Tzaneen
0850
015 307 5112
Kry ons WhatsApp
Raak Betrokke

Om betrokke te raak by ‘n gemeente is meer as net om Sondag die diens by te woon.

Nooi

Om betrokke te raak by ‘n gemeente is meer as net om Sondag die diens by te woon.

Indien die evangelie vir jou daadwerklik goeie nuus is  sal dit vir jou die grootste fees wees om iemand te NOOI om ook die goeie nuus te ervaar en te beleef.  Jesus was 'n geweldige invloedryke mens by wie baie mense wou wees, veral die mense wat geweet het dat hulle siek en vol sonde was.  Jesus red vandag steeds mense en daarom kan ons as gereddes nie stil bly nie.  Sy liefde vir mense het geen einde nie en Hy nooi mense deur jou in...

Ons NOOI mense na Jesus toe deur met hulle 'n pad te stap en vir hulle om te gee soos Jesus vir ons omgee, onvoorwaardelik!  Jy hoef nie van iemand te hou of iets in gemeen te hê om hom/ haar te nooi om Jesus te ontdek nie.  Die Kerk is juis die Kerk omdat ons besef hoe belangrik redding vir die wêreld is.  God het elkeen lief en mag Sy liefde deur jou vloei.

Claude Wheatleystraat 2,
Tzaneen
0850
015 307 5112
Kry ons WhatsApp