Kruispad - AGS Tzaneen

View in English
Claude Wheatleystraat 2,
Tzaneen
0850
015 307 5112
Kry ons WhatsApp
Raak Betrokke

Om betrokke te raak by ‘n gemeente is meer as net om Sondag die diens by te woon.

Skakel In

Sirkels is beter as rye.  In rye kuier ons nooit tot op die punt van tasbare omgee nie maar in 'n sirkel ken iemand jou naam!  Vir die rede is groepe vir ons net so belangrik as wat dit was vir die eerste Kerk in Handelinge 2:42 - 47

Groepe

Groepe is daar om die liggaam van Christus aan mekaar te koppel so dat die wêreld kan sien hoe lyk die goeie nuus.  Mens kan baie maklik elke Sondag Kerk toe gaan en jouself verbeël jy is deel van Sy Kerk, Sy Liggaam of Sy plan maar het geen daadwerklikke liefdes skakeling met die ander mense wat saam met jou daar sit nie.  In Johannes 13:34 - 35 sê Jesus self "Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê.  As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is."  Daarom is sirkels beter as rye want in 'n sirkel gebeur die volgende:

  • Jy Behoort.
  • Jy kan jou sê, sê.
  • Jy word bloodgestel aan meer as net jouself dus verbreed jou perspektief oor die lewe.
  • Jy kan omgee en bygestaan word te alle tye en veral wanneer dinge rof gaan in jou lewe.
  • Ons kan aanhou maar die belangrikste van almal is jy word liefgehê en jy kan lief hê.

 

Indien jy graag sal wil deel word van die liggaam hier is 'n paar groepe wat jy kan oorweeg:

  1. Sel 
  2. Herofield (tieners) 
  3. Gemeente gebed
  4. Vroue Gebed
  5. Hospitaal Besoek
  6. Seniors
  7. Fietsryers
  8. Besigheid
  9. Kuns
  10. Musiek
  11. Ouers met babas
  12. Jong volwassenes
  13. Gasvryheid
  14. Stap
  15. Omgee 
  16. Kinderkerk
  17. Lees
Claude Wheatleystraat 2,
Tzaneen
0850
015 307 5112
Kry ons WhatsApp