Kruispad - AGS Tzaneen

View in English
Claude Wheatleystraat 2,
Tzaneen
0850
015 307 5112
Kry ons WhatsApp
Raak Betrokke

Om betrokke te raak by ‘n gemeente is meer as net om Sondag die diens by te woon.

Skakel In
Sirkels is beter as rye. In rye kuier ons nooit tot op die punt van tasbare omgee nie maar in 'n sirkel ken iemand jou naam! Vir die rede is groepe vir ons net so belangrik as wat dit was vir die eerste Kerk in Handelinge 2:42 - 47
Dien
Die Kerk se reputasie is een van onvoorwaardelik liefde vir vriend en vyand sonder om iets terug te verwag. Die Kerk van Christus het die reputasie gekry a.g.v. Jesus wat dit heel eerste gedoen het vir die hele mensdom. Dit is hoogtyd die Kerk vat weer sy verantwoordelikheid op en wees lief soos Jesus lief gehad het.
In Die Aanbiddings Diens
‘n Aanbiddingsdiens by AGS Tzaneen kan slegs gebeur met die hulp van vrywilligers. Die Kerk is die liggaam van Christus en het ook nodig om as 'n liggaan saam te werk om die evangelie te verkondig. Elkeen van ons het unieke gawes van God ontvang en het nodig om dit te gebruik tot voordeel van ander. Om deel te wees van Sy Kerk beteken om so betrokke te raak dat mense jou gaan mis wanneer jy nie daar is nie...
Die Gemeenskap
Die Kerk se reputasie is een van onvoorwaardelik liefde vir vriend en vyand sonder om iets terug te verwag. Die Kerk van Christus het die reputasie gekry a.g.v. Jesus wat dit heel eerste gedoen het vir die hele mensdom. Dit is hoogtyd die Kerk vat weer sy verantwoordelikheid op en wees lief soos Jesus lief gehad het.
Nooi
Indien die evangelie vir jou daadwerklik goeie nuus is sal dit vir jou die grootste fees wees om iemand te nooi om ook die goeie nuus te ervaar en te beleef. Jesus was 'n geweldige invloedryke mens by wie baie mense wou wees, veral die mense wat geweet het dat hulle siek en vol sonde was. Jesus red vandag steeds mense en daarom kan ons as gereddes nie stil bly nie. Sy liefde vir mense het geen einde nie en Hy nooi mense deur jou in...
Gee
Om te gee gaan nie net oor geld nie. Geld is maar net een van die baie gawes wat God ons GEE om te gebruik vir Sy Koninkryk. Alles wat ons het kom van God af en is veronderstel om gebruik te word om Hom te verheerlik.
Claude Wheatleystraat 2,
Tzaneen
0850
015 307 5112
Kry ons WhatsApp