Kruispad - AGS Tzaneen

View in English
Claude Wheatleystraat 2,
Tzaneen
0850
015 307 5112
Kry ons WhatsApp
Kinders

Moederskamer:

Ons het ‘n ten volle toegeruste moederskamer in die kerk waar moeders met babas tot 3 jarige ouderdom rustig kan deel in die diens terwyl hulle na hul kinders omsien.

Kinderkerk:

Ons Kinderkerk staan bekend as "Die Blok" en in 'n straat blok is daar mos 'n "Alley", 'n "Crosswalk" en 'n "Intersection."

Alley Agies 3-6 jaar (Voorskool):

Alley Agies is ons voorskool omgewing wat spesiaal vir besige handjies en voetjies ingerig is. Ons weet hoe besig hulle op hierdie stadium van hulle lewens is, en jou kind leer en groei op ‘n ongelooflike wyse. Ons is reg vir hulle!

Crosswalk Graad 1-4:

By Crosswalk glo ons dat die Bybel nooit “boring” moet wees nie, lof en aanbidding kan baie dol en hard wees, en daar is goeie leiers wat baie omgee. Ons wil hê kinders moet sien hoe pas God se woord in hulle lewens, hulle leer om met Hom te praat en vriendskappe te bou wat hou.

Intersection Gr 5-7:

Ons graad 5-7 kinders is deel van die volwasse diens tot na die lof en aanbidding waarna hulle na ‘n kleingroep beweeg. Hier leer hulle hoe om God se woord in hulle alledaagse lewens toe te pas.

Claude Wheatleystraat 2,
Tzaneen
0850
015 307 5112
Kry ons WhatsApp